Klopdisselboom

Rekenaar Bou 101:

SWIMBI menu




Laaste opdatering Mei 2018.

01. Besluit waarvoor jy jou Rekenaar gaan gebruik en kies die regte kas.

02. Kies die CPU en Moederbord saam. Maak seker van die regte slots en hoeveelheid.
Begin by i5 en neem i7 indien dit vir Speletjies gebruik gaan word.

03. Kies jou skermkaart(GPU) 4K en Monitor. Let op na resolusie en grootte(27" werk lekker).
Outputs vir meer as een skerm. HDMI|VGA. Geforce|Radeon. Min 4 GB.

04. Besluit op die grootte van geheue(RAM). Ten minste 8GB plus. Vir Speletjies begin by 16GB.

05. Kies dir grootte van die hardeskyf(HDD) - Kyk na SSD vir die enkele beste verbetering wat jy kan doen vir spoed.

06. Kies die PSU. Moenie hier suinig wees nie, dit is 'n baie belangrike komponent.

07. Ander Komponente soos muis en sleutelbord w-less en opties of nie.

08. Maak gereed vir die aanmekaar sit.

09. Sit die basis (CPU, Cooler And DRAM) eerste aanmekaar.

10. Dan volg Moederbord en PSU.

11. Laaste ekstra kaarte, kabels en ander optiese drywe ens.

12. Sagteware soos jou OS moet soms OEM saam met die kas gekoop word.
MS Office het partykeer ekstra lisensies vir Tuisgebruik vanaf jou kantoor se lisensies.


Ekstras vir Skootrekenaars:

01. Maak seker van genoeg USB poorte(Min 3) en hul spoed.

02. Goeie duursame sak wat jou skootrekenaar beskerm.

03. Kyk vir Sleutelbord wat nie maklik druk teen die skerm nie en of lig in donker het.

04. Besluit op die grootte van jou skerm teenoor battery leeftyd. Vergelyk ure teenoor gewig.

05. Indien vir Aanbieding gebruik word, maak seker van poort vir projektor.

06. Kyk na Acer, Asus, Dell en HP.

07. Ekstra laaier en docking station help altyd.

08. Laastens die waarborg en kyk vir sleutelbord wat waterbestand is indien moontlik.